Foto uit Tuis Maart 2017

In dié rustige slaapkamer is die koperlampe ’n onverwagte dog stylvolle element.

Foto uit Tuis Mei 2016

’n Koperdrom van ’n ou geiser word in dié Observatory-huis ingespan as wasbak, wat die vertrek ’n titsel ouwêreldse sjarme gee.

Foto uit Tuis Mei 2016

Hanglampe skakel in met die koperwasbak en ander kopergoed in die kombuis, wat samehorigheid in die ruimte skep.

Foto uit Tuis Julie 2017

’n Poef in ’n metaalkleur staan treffend uit op dié stoep.

Foto uit Tuis November 2017

Goue plakkers skep kontras met die donkerblou muur in dié meisiekamer.

Foto uit Tuis Desember 2016

In dié Robertson-huis is oorskietverf (grys, blou en goud) gebruik vir dié droommooi fokusmuur.

Foto uit Tuis Verf Dit 2016

Silwer plafonteëls word in dié slaapkamer ingespan as kopstuk.

Foto uit Tuis Opknap 2017

Kunswerk in ’n swierige raam en ’n kandelaber maak dié gastebadkamer ’n spogstuk.