Foto's Greg Cox
Die kunstenaar Olivia Botha van Swellendam en haar man, Karel, skrik nie vir verandering óf vir kleur nie. Dié twee kreatiewe selfdoeners ruil gereeld vertrekke en skuif meubels rond om hul dekor vars te hou.
Hul seuns, Le Mar (4) en Tre Monne (2), is beste maats. Toe Olivia op ’n dag die beddens met hul huisie-kopstukke (Karel se handewerk) na die kinders se TV-kamer skuif en boonop só plaas dat die twee oor en weer kan kruip, was die koeël deur die kerk: Hulle sou voortaan net hier slaap.