Foto uit Tuis Maart 2013

Met die intrapslag

Deur die jare het die onderskeie eienaars van dié Rondebosch huis, die binneruimte aangepas, maar die vloei is nooit regtig verbeter nie; die huis was dus donker en onprakties toe Michael en Nelleke Elston intrek. Gelukkig is Michael ’n ingenieur en het hy kans gesien om dié Georgiaanse Aspoestertjie in hul eerste droomhuis te omskep.

Tog het die “nuwe” voordeur en ingang aan die straat se kant nie juis indruk gemaak nie. Dit het in die kombuis, wat reeds erg beknop was, oopgemaak. Om ruimte te wen, het hulle die bestaande voorstoepie toegebou en die onderste badkamer verklein om die nuwe indrukwekkende ingang met sy groot konservatoriumvensters te huisves.

Foto uit Tuis Maart 2013

Die muur links skei die kombuis en ingang. Dieselfde groot vensters word hier herhaal en skep eenvormigheid aan die voorkant.

Foto uit Tuis April 2017

’n Goeie kopie

Jane en Sean Bergset het die huis met ’n see-uitsig by ’n oom van Sean gekoop. Die pragtige atrium-tipe glasdak wat die oopplan-kombuis-en-leefkamer is reg in die middel van die huis en voorsien die areas van lifelike natuurlike lig. Dit was een van die groot trekpleisters toe hulle die ou Durban-Noord-huis destyds gekoop het.

Foto uit Tuis April 2017 Foto Warren Heath (Frank Features)

Vars voorkoms

Die dubbelstort se glas is ’n slim manier om die bad en stort in dié koel, kontemporêre en-suite te skei.

Foto uit Tuis Mei 2017

Kul jou hier ...

Dié twee groot spieëls weerskante van die kaggel skep meer as net ’n mooi simmetriese fokuspunt in Renée Hitten se huis op Somerset-Wes. “Ek het op die twee oorgroot spieëls besluit om drie redes,” vertel die interieurontwerper Zania Grobbelaar. “In die ietwat donker vertrek skep die spieëls die illusie van vensters en weerkaats lig. Dit gaan ook oor proporsie: Die kaggel is redelik klein, maar danksy die groot spieëls word dit nie deur die groot baksteenmuur verdwerg nie. En, laastens, die eenvoudige lyne van die loodglas en die eikehoutrame versag die baksteenmuur.”

Foto uit Tuis November 2016

Laat daar lig wees

Die groot, ronde vensters hoog in die gewel in Sewes en Saartjie Scholtz’s se Potchefstroom gastehuis kombuis was oorspronklik deel van ’n tol waarop staalkabels vervoer is. ’n Plaaslike glashandelaar het die glas op die terrein kom sny en installeer. Die gastehuis, Oude Werf, het slaapplek vir 25 mense, en die nuwe kombuis moes ’n dubbele doel dien: as werkende gastehuiskombuis, maar ook vir die gesin se eie behoeftes. “Ons het baie lank gespaar daarvoor,” sê Sewes oor dié droom wat 10 jaar geneem het om te realiseer. Ons inspirasie kom uit tydskrifte en reis – veral Italië en die Engelse platteland. Ons styl is Frans, met Afrikaanse flair,” vertel Saartjie. 

Foto uit Tuis Junie 2017

Blink plan!

Nadat hulle ingetrek het, het Katie Farringer en Jan Schliemann twee vertrekke gekombineer om die oopplan-kombuis-en-eetkamer te skep. Katie het die plaasstyl-kombuis visuele drama gegee met kaste in helder skakerings van blou en ’n rooi wynrak, wat pragtig kontrasteer met die houtelemente in die ruimte. Ons hou van die glasdeure in die boonste kassies, wat die lig van die venster langsaan weerkaats.

Foto uit Tuis July 2016

Halfpad daar

Die glasdeur tussen die kombuis en opwaskamer in Natasha en Boeta Pretorius se Potchefstroom huis is met ’n Tolkien-aanhaling versier – ’n slim oplossing vir ’n ruimte waar jy ’n deur wil hê sonder om die vertrekke klein te laat voel.