Foto’s Henrique Wilding, Greg Cox en ER Lombard | Produksie Marian van Wyk
Toe die ontwerper Zarah Riley opdrag kry om ’n neutrale speelkamer vir ’n jong gesin by hul vakansiehuis in Prestwick Village, Hermanus, in te rig, het sy presies geweet wat om te doen.“Die twee kinders is kranige klimmers, daarom het ons dadelik die plan gekry om ’n prettige klimmuur op te sit,” vertel Zarah.
“Ek het ’n goeie klimgreepvervaardiger, GeckoGrips, aanlyn gevind. Hulle verskaf verskeie helderkleurige grepe, maar dit sou nie by die voorkoms en gevoel van hierdie oopplanhuis pas nie – al is die muur in die kinders se deel. Ek het hulle gebel en toe maak hulle dié neutrale grepe vir ons – én lewer dit af!