book-icon Uitgawe Augustus 2021

Vars idees: Druk jou stempel af met kleur en ontwerp

akkreditasie

Foto’s Francois Oberholster, Ed O’Riley, Greg Cox, Elsa Young/Bureaux l Stilering Johané Neilson, Marian van Wyk en Nelia Andrag

Toe Johané en Allister Neilson in hul nuwe huis in Durbanville intrek, het hulle ’n onnodige buitetoilet laat omskep in ’n klein wynkelder met stoorplek wat nou in die studeerkamer oopmaak. “Die kamertjie is heerlik koel en perfek vir wyn bêre, maar piepklein. Vir maksimum muurspasie het ons bouer die deuropening taamlik nou gemaak, met net genoeg spasie langsaan vir ’n skuifdeur,” vertel Johané, Tuis se kosredakteur. “Pleks van ’n deur wou ek eers ’n dekoratiewe skerm laat lasersny sodat dit by die kunsmuur langsaan kan pas, maar dit sou baie duur wees. Gelukkig sien Allister toe ’n deur met vlak rakkies op Pinterest. Dit was sy inspirasie om self dié deur te bou wat nie net praktiese ekstra bêreplek vir my kookboekversameling bied nie, dis boonop mooi ook!” Allister het ’n saaglys volgens sy eie ontwerp na The Board Store geneem; die aanmekaarsit daarna was net ’n kwessie van lym en vasskroef. Die rakkies, van 18mm-bekistingbord, het twee lae wit onderlaag gekry sodat die houtgrein net-net deurskyn. Allister het ook die glyspoor van vlekvrye staal gemaak.

Asher Stoltz vertel hy en sy vrou, Gina, wou nooit ’n konvensionele huis vir hulle en hul seuns, Tokyo en Ziggy, hê nie. Die kompakte huis wat die argitek Gregory Katz toe vir hulle in Johannesburg ontwerp het, is ’n speelse eksperiment van vorm en kleur in so te sê elke vertrek. In die kombuis – die middelpunt van ’n oopplanruimte – sluit die kaste se rondings lieflik aan by die boogvormige deure en vensters reg deur die huis. Die warm perske bring ook ’n spatsel kleur tussen die meer gedempte houtskool en neutrale skakerings. 

Asher is ’n kranige kok, soos sy versameling resepteboeke getuig. Dié is altyd byderhand op rakke in die kombuiseiland, maar netjies agter toe deure wanneer hy nie kook nie.  

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees