Foto’s Francois Oberholster en Henrique Wilding Stilering Marian van Wyk

Gestaal

By Jackie en Danielle Uitenweerde se huis in Somerset-Wes vang dié moderne wynrak dadelik die oog. Jackie is die eienaar van Design11, ’n maatskappy wat dekoratiewe staalskerms en strukture vir binne en buite die huis lasersny, en hy het self met die ontwerp vorendag gekom. Die rak, geïnspireer deur die seshoekige selle van ’n heuningkoek, is uit staal gesny en daarna met ’n poeier-deklaag in ’n sagte goue kleur afgewerk. Vriende het so baie daarvan gehou dat dit nou deel van Design11 se versameling geword het – dit staan bekend as The Hive en is in ’n verskeidenheid kleure te kry. 

Mat van Rug & Kelim Gallery; wingerdmandjie van Agrimark; leiklip van Mazista; kaggel van Fire Science

Koel kalant

Hans en Charlene Nieuwoudt het heelwat veranderings gemaak nadat hulle sowat vyf jaar gelede by dié huis in Die Boord, Stellenbosch, ingetrek het. Hierdie ruimte, wat oorspronklik deel van die kombuis was, is vandag deels ingangsportaal en deels vinoteek – ’n vertrek waarin die optimale toestande vir die bewaring en veroudering van wyn heers. Ontblote bakstene en die oorspronklike rou sementvloer dra by tot ’n outentieke kelderatmosfeer. Hans het die skuins rakke van laaghout gemaak en met 44 mm-dekstroke afgerond om te keer dat die bottels afgly. Die vinoteek se lugversorger hou die temperatuur konstant op 16 °C; vir isolasie is die spoumure met 70 mm-Isoboard gevul. Die Nieuwoudts wou ’n spesiale plek skep vir hul besonderse versameling. “Hans se reeks Meerlust Rubicons is vir hom kosbaar; ek het ook wyne uit 2003 en 2005, die jare waarin my kinders gebore is,” vertel Charlene.

Die fokusmuur is met egte Karoo-leiklip beklee. “Dis my stukkie verbintenis met die Karoo, waar ek gebore is,” verduidelik Charlene. ’n Kaggel dra by tot die knus, aardse gevoel.

Kom kuier saam

Wie sou kon dink dié tuiskroeg was eers deel van ’n inrit? Die ontwerper Lara Myerson van Kampsbaai, Kaapstad, het dié knus hoekie ingerig as ’n veeldoelige ruimte waar sy wyn kan bêre en ’n glasie (of twee) kan geniet. “Ek het nog altyd daarvan gedroom om ’n wynkelder te hê; dis ’n warm, gemaklike ruimte waar mense altyd ’n bietjie langer wil kuier,” sê sy. Die teksture van hout, ontblote bakstene, glas en sement dra alles by tot die atmosfeer. Die panele onder die toonbank is gemaak van hout wat uit ’n vorige opknap gered is; dit het ’n kleurwas gekry vir ’n unieke voorkoms teen ’n bekostigbare prys. Die res is die handewerk van die argitek Haydn Ellis van Ellis Associates Architects en Lara self.  

Bakstene uit ou, uitgekapte mure is hergebruik om ’n lieflike aksentmuur te maak. Dekoratiewe gietyster-rakke deur Hanga SteelDie lessenaar was laer as ’n gemiddelde kombuiseiland, daarom het Kelly en Jonathan die blad gelig. Die oorspronklike blad is geskuur en met Novathane Polyurethane Matt Varnish geseël

VERSKAFFERS EN KONTAKTE

Agrimark 

Basketly 087 012 5009

Design11 082 823 6610

Ellis Associates Architects 021 422 2824

Fire Science 082 215 1333

Garden Cafe 082 783 7207

Hanga Steel 072 559 4434

Lara Myerson Designs 082 265 8941

Mazista 011 998 2600

Rug & Kelim Gallery 083 604 1059