Foto’s Francois Oberholster en Johané Neilson Stilering Marian van Wyk
Minder kan soms meer wees wanneer dit kom by teksture byvoeg en afwerkings kies. Langs dié lieflike ingang staan ’n enkele dekoratiewe teël pragtig uit teen die sagte terracotta agtergrond, asook die vintage-deur omraam met klompie-stene. Dié speelse element het ons beslis twee keer laat kyk!
Moenie teleurgesteld wees as jy net ’n paar teëls in jou gunsteling-ontwerp of selfs een met defekte kry nie. Gee sulke spesiale vondste die ereplek – iewers waar dit iemand gaan verras.