Foto's Francois Oberholster

Agter toe deure

Ruim vir jou ’n plek in jou huis in om jou stokperdjies in vrede te beoefen en kreatief te wees – al is dit net ’n kas of lessenaar – en maak tyd om daar te speel. Amori van Jaarsveld van Graaff-Reinet het staalskuifdeure laat aanbring waarmee sy dié vertrek kan toetrek wanneer dinge te deurmekaar raak. Die industriële skuifdeur (heel bo) kontrasteer treffend met die andersins romantiese vertrek.

Pastelperfek

Die kleine Jua van Rensburg (2) se slaapkamer getuig van groot sofistikasie. Danksy ’n sagte kleurskema en tydlose wit meubels sal sy steeds hier kan droom lank nadat sy die veiligheidspanele aan haar kinderbed ontgroei het.

Haasstoeltjies van Dovetail Furniture & Décor; soortgelyke tafels te kry by Simply Child Interiors; bedkassie van @home livingspace; bed van The Windmill Junction; mat van Airloom; staanlamp, geraamde skets en strooikussings van superbalist.com; haasplakker van Twiggy Vinyl Art

Lank, lank gelede ...

1. Ons is dol oor die eenvoudige klerereling vir prinsesrokkies in Nieke van Rensburg (5) se slaapkamer. So kan dié meisiekind in ’n japtrap die regte partytjieklere kies as ’n koets dalk voor die huis sou stilhou ... 2. Nieke se leeshoekie is net so stylvol met bykomstighede in swart, wit, liggrys en pienk. Hoewel swart dalk nie almal se keuse vir ’n dogtertjie se kamer is nie, maak die kussings in ’n verskeidenheid kleure dié leeshoekie tydloos en sag.

Klerereling en mandjie van Simply Child Interiors; geraamde sketse van Little Love Kids; MRP Home het soortgelyke “love”-woorde; boekrakke van Dovetail Furniture & Décor; sterkussings van Lielie’s Dekor; sig-sag-kussing van superbalist.com; Simply Child het soortgelyke ronde vloerkussings

Daar lê die knoop

Toe ’n ou kinderstoel ’n splinternuwe pienk baadjie kry, het Claudia Fabian geel knope bygevoeg as ’n prettige element. Die kindervriendelike buitelug-stoffeerstof is water-, vlek- en bleikbestand.

Ontwerp deur Claudia Fabian van Mer Design; stoel oorgetrek in Sunbrella Pink SJA 3905-137 van ADF Outdoor

In ’n ligte bries

Hanglampe aan vrolike pienk en geel koorde klink dalk na klein detail in ’n portaal van dubbelvolume, maar Claudia sê gaste sien dit raak sodra hulle oor die drumpel stap.

Woven Ball-hanglampe uit die Fundi-reeks van Wireworld; kleurvolle kabels van Hoi P’loy

VERSKAFFERS