Foto’s Francois Oberholster
Die treffende laaikas in Janine O’Grady se huis in die Paarl is nie net praktiese bêreplek vir serpe, belde, handsakke en tydskrifte nie, maar saam met die rakke en kunswerke omskep dit die gang as’t ware in ’n galery.
“Ek hou eintlik niks van gange nie,” vertel Janine. “As kind het ons ’n lang gang gehad waar my broer ons altyd iewers agter ’n meubelstuk ingewag en skrikgemaak het. “Gelukkig is dié gang kort en breed, wat die ruimte soveel meer nut gee.”