book-icon Uitgawe September 2021

Vars idees wat jou aarde toe bring

akkreditasie
Vintage Carlo Bartoli 4875-stoel van Kartell; blou lamp van CLM
Vintage Carlo Bartoli 4875-stoel van Kartell; blou lamp van CLM

Foto’s Elsa Young/Bureaux, Greg Cox/Bureaux en Henrique Wilding

Hierdie ingeboude muureenheid vir ’n slaapkamer  is ’n naatlose kombinasie van ’n kopplank met plek vir boeke en speelgoed, ’n lessenaar vir werk en speel, asook ’n bedkassie. Die eenheid neem minder plek as afsonderlike meubels in beslag. ’n Groot venster op die regte hoogte laat natuurlike lig in die klein ruimte instroom en bied ’n uitsig op die tuin.  

Asher en Gina Stolz het ’n visuele skakel tussen die twee verdiepings van hul huis in Johannesburg geskep met behulp van ’n ligskag: ’n Opening in die vloer bo laat die natuurlike lig wat deur ’n piramiedvormige dakvenster inkom tot heel onder stroom; die dubbelvolume skep terselfdertyd die indruk van veel meer ruimte. ’n Lae muur van lugstene met ’n treffende patroon behou die visuele skakel tussen bo en onder.  

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees