Marianne Sanders van Claremont, Kaapstad skryf Ek wil my geërfde houtmeubels verf sodat dit by die res van my dekor pas, maar ek is dol oor die voorkoms van ’n natuurlike houtgrein! Is daar ’n produk of tegniek wat julle kan voorstel?

Claire Bond, ’n kleurkenner by Plascon, antwoord Plascon se WoodCare Varnish-reeks met ’n waterbasis, wat jy hier op die houtvloer kan sien, kom in ses standaardkleure, asook ’n deursigtige, kleurbare basis wat die reeks uitbrei tot 20 modieuse skakerings.

Die produk is só vervaardig dat dit op ’n groot verskeidenheid oppervlakke sal werk – van vloere, deure en hortjies tot vloerlyste en hekke. Dit gee aan natuurlike hout ’n spatsel kleur, maar die grein is steeds sigbaar.

Plascon WoodCare is beskikbaar in variante vir binne- en buitegebruik, en in ’n mat en glansafwerking. Wend die produk met ’n kwas aan. Laat die eerste laag droog word en skuur dan enige growwe rande of vlekke voor jy ’n tweede laag aanwend. Voeg ’n derde laag by indien jy ’n donkerder afwerking verkies of die grein minder sigbaar wil hê.

Omdat WoodCare ’n waterbasis het, word dit gou droog en is dit maklik om op nuwe én voorheen geverfde hout aan te wend. Dit het ingeboude UV-stabiliseerders, wat nie net die hout beskerm en bewaar nie, maar dit ook diep binnedring en verfris, en die leeftyd daarvan verleng.

KONTAK plascon.com