Wit vloere

Angela Collins van Kaapstad skryf Ons is besig om op te knap en ek is op soek na wit viniel-vloerplanke – alles wat ek al gesien het, is room of het ’n grys tint. Wat ek wil hê, is die voorkoms van ’n vloerplank wat wit geverf is. Enige voorstelle?

Sasha Kozinsky, besturende direkteur by FinFloor, antwoord Wit helder jou omgewing op, wat vertrekke groter laat lyk en ’n ontspanne atmosfeer skep. Dis ook veelsydig, so dit werk saam met verskeie dekorstyle – van strandhuise tot kontemporêre ruimtes en selfs die landelike plaasstyl. FinFloor het ’n verskeidenheid wit hout-, viniel- en gelamineerde vloerplanke om van te kies. Hier is van ons nuutste produkte:

Hout is duursaam, tydloos en elegant; dit sal ’n luukse gevoel aan enige ruimte verleen. Kies uit ’n verskeidenheid FinOak-opsies in verskillende groottes en diktes. Dit word met Rubio Monocoat gebeits in die skakering van jou keuse; ons stel White, White 5%, Super White, Corn Silk of Cotton White voor.

Rigidcore-viniel Dié planke, wat uit ’n samestelling van plastiek en klipstof bestaan, het ’n duursamer en stabieler vloer tot gevolg wat onder warmer temperature en in natter klimate beter vaar as ander vinielteëls. Dit kan deur jou hele huis geïnstalleer word, insluitend badkamers en kombuise. Ons stel voor jy oorweeg Alabaster, die ligste kleur in die reeks.

Gelamineerde vloerplanke het ’n hoëdighteidveselkern wat bestaan uit verfynde houtvesels en hoëgehalte-melamienhars. Die hersaamgestelde houtvesel stel ons in staat om al die dele van ’n boom te gebruik. Met dié vervaardigingstegniek word soliede hout (en natuurlike klip) nageboots vir ’n produk wat veel minder as die ware Jakob kos. Ons beveel die Authentic Herringbone-reeks aan in White Herringbone of die Supreme Laminate Flooring-reeks in die kleure Wheat en Athens Oak.

KONTAK finfloor.co.za

NUUT OP FACEBOOK
Het jy ’n dringende vraag wat net nie kan wag nie? Sluit dan aan by ons Tuis|Home-Kennersgroep op Facebook sodat die span, kenners en ander lesers kan help.