Yvette Loots van Pretoria skryf In die Oktober 2017-uitgawe het ek Isabella de Villiers se navraag oor ’n grys kleurskema vir haar huis in “Vra die Kenners” raakgelees. Ek wil graag dieselfde doen, maar my houtmeubels is heelwat ligter as Isabella s’n en ek is bekommerd dat die verfkleure wat Lisa Spaarwater voorgestel het, nie in my ruimte sal pas nie. Is daar ander kleure wat ek kan probeer?

Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac antwoord Jy kan beslis skakerings van grys gebruik. Omdat jou hout baie ligter as Isabella s’n is, stel ek voor jy vermy koue, dowwe gryse. Jou beste opsies is skakerings met ’n sterk groen ondertoon, soos Clarens Stone van Plascon, of Fades in the Air, wat effens donkerder is. Geniet die mooimaakproses!

KONTAK lemonlilac.co.za