Emma Badcock van Zambië skryf: Ek is besig om ’n huis te bou en wil graag weet watter verf gebruik is op die buitemure van Jacques Müller en Justin Duckitt se huis op Nieu-Bethesda.

Justin antwoord: Ek het ’n basiese afwit-tegniek gebruik, soos by talle ou – en moderne – plaashuise te sien is. Onthou net, dié tegniek kan nie gebruik word op mure wat voorheen geverf is nie – dit werk die beste op growwe, nuutgeboude mure.

Hier’s my resep (ek het ’n 1 kg-jogurthouer gebruik):

  • 6 houers gewone sementpoeier
  • 1 houer Gluex
  • 1 houer Bondit-bindmiddel
  • 40 liter water
  • 50 ml swart verfbeits
  • 8 pakkies swartoksiedpoeier

Meng alles in ’n groot verfblik en roer deeglik. Gebruik dan ’n koolborsel en “was” die hele struktuur met die mengsel. Maak seker jy spoel enige foute vinnig af voor die mengsel verhard. As jy die kleur donkerder wil hê, voeg nog swartoksiedpoeier by.