Hoe om ’n JoJo tenk te kies en installeer: Wenke en riglyne

akkreditasie
Indien jy dit oorweeg om in ’n JoJo tenk te belê, wonder jy seker watter soort tenk die regte een vir jou is.

Aangesien elke installasie verskil, sal die grootte en tipe watertenk wat jy benodig afhang van die waterbron, die gekose gebruik, die hoeveelheid beskikbare spasie en, natuurlik, jou persoonlike voorkeure. Kom ons kyk eerstens na jou waterbron en die spesifieke doeleindes waarvoor jy die tenk wil gebruik. Van daar af kan jy die grootte en kleur kies waarvan jy die meeste hou.

Reënwateropgaring

Die grootste uitdaging vir reënwateropgaring is om die nodige stoorkapasiteit akkuraat uit te werk. Neem in ag die reënval in jou area, die grootte van jou dak en waarvoor die water gebruik gaan word. ’n Vinnige berekening om te gebruik: 1 mm reën op 1 m² dakoppervlak lewer 1 liter water. Dus sal ’n dakoppervlak van 100 m² ’n opbrengs van min of meer 2 500 liter water lewer, na 25 mm reënval.

Munisipale rugsteuning

Bereken hoeveel water jou huishouding per dag benodig (dit sal wissel op grond van waarvoor dit gebruik gaan word) en hoe lank jy wil hê die rugsteunwater moet hou. In Suid-Afrika gebruik ons ongeveer 150 liter water per persoon per dag. ’n 2 500-liter tenk vir ’n gesin van vier sal dus ongeveer vier dae se munisipale rugsteunwater hou. Probeer wel om soveel kapasiteit as wat jy kan bekostig en waarvoor jy plek het, te installeer.

Volledige geïntegreerde stelsel

Bepaal hoeveel munisipale water jy tot jou beskikking wil hê en voeg dan die hoeveelheid reënwater wat jy wil opgaar by. Jy gaan heelwat meer stoorkapasiteit vir hierdie stelsel benodig, aangesien dit as beide ’n munisipale rugsteun -en reënwateropgaringstelsel dien. Sodra jy jou JoJo tenk gekies het, gaan jy dit moet installeer. Jy kan die doen-dit-self roete volg, of een van ons betroubare installeerders inspan om dit vir jou te doen. Besoek die JoJo installeerder-blad op ons webwerf om een in jou area te vind en kontak hul vir ’n kwotasie gebaseer op jou spesifieke behoeftes. Indien jy verkies om die JoJo tenk self te installeer, is daar ’n paar wenke en riglyne om in gedagte te hou.

Koop ’n wateropgaringstenk

Al ons wateropgaringstenke word met ’n addisionele swart, BPA-vrye, voedsel-graad voering aan die binnekant van die tenk vervaardig, wat ontsmetting met chemikalieë en die groei van alge verhoed om die kwaliteit van die gestoorde water te behou.

Installeer jou tenk op ’n geskikte basis

Jou tenk moet op ’n sterk, waterpas en gladde oppervlak geïnstalleer word. Eweredige plaveisel is voldoende, sowel as ’n geskikte tenkstaander (met draerbalke nie meer as 50 mm ver van mekaar nie). As alternatief kan ’n beton voetstuk gebou word, verkieslik met ’n oppervlakbed van minstens 85 mm hoog. Ongeag van die tipe basis wat jy kies, moet dit altyd minstens 100 mm wyer wees as die deursnee van die tenk, om oorhang te verhoed.

Gebruik loodgietersband vir alle koppelstukke en verbindings

Hierdie punt word gereeld oor die hoof gesien en is ’n belangrike deel van die installeringsproses. Om onnodige lekplekke te voorkom, is ons voorstel dat loodgietersband vir alle verbindings gebruik word waar water betrokke is.

Gebruik slegs plastiese koppelstukke en verbindings

Die materiaal wat ons in ons vervaardigingsproses gebruik, laat toe vir die uitswel en inkrimp van die tenk in warmer en kouer weertoestande. Dit is belangrik dat alle koppelstukke en verbindings buigsaam is en sáám met die tenk kan beweeg in plaas van daarteen, om sodoende friksie en druk wat met tyd lekke kan veroorsaak, te vermy.

Maak seker dat verbindings gestut word

Wanneer pype, geute ens. aan ’n tenk verbind word, is dit belangrik om seker te maak dat daar voldoende ondersteuning is om te verhoed dat die tenk onder onnodige druk geplaas word.

Moenie enige druk op die tenk plaas nie (intern of ekstern)

’n Bogrondse JoJo tenk is nie ontwerp om enige addisionele druk te hanteer nie. Maak dus seker dat geen druk op die dak van die tenk tydens die installeringsproses geplaas word nie (bv. die plaas van pype of enige ander toebehore bo-op die tenk), aangesien dit die tenk kan laat induik of inmekaarsak.

Indien die tenk vir reënwateropgaring gebruik gaan word, moet prefiltrasie geïnstalleer word.

Prefiltrasie verbeter die kwaliteit van die water wat die tenk binnegaan. Hierdie proses is uiters belangrik, aangesien heelwat stowwe soos blare, takkies, ens. op die tenkdak kan versamel en in die water beland. Dit kan ook die pomp verstop en onaangename reuke veroorsaak.

Indien die tenk vir munisipale rugsteuning gebruik gaan word, is dit wenslik om van ’n professionele JoJo installeerder of geakkrediteerde loodgieter gebruik te maak.

Hierdie stelsel sluit aan by die hoofwatertoevoerlyn en daar is spesifieke wetgewing waaraan voldoen moet word.

Besoek www.jojo.co.za vir meer inligting oor hoe jy jou waterbron kan versterk met JoJo se waterstooroplossings, asook hoe om jou huishouding van gesonde, smaaklike water te voorsien met ons reeks filtrasieprodukte.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees