Ons eetkamer maak oop op ’n 10 m breë stoep waar ons gereeld onthaal. Ek wil graag buitebeligting installeer wat ek snags kan aan los. Enige raad oor kostedoeltreffende opsies?

Andrew Wex van Eurolux antwoord: Suid-Afrikaners onthaal graag buite en goeie beligting sal enige geleentheid geselliger maak. Onthou, dis makliker om ligte in plafonne en dekke as in baksteen, sement en teëls te laat installeer. Hier is vyf opsies wat nie jou sak sal ruk nie:

  • Ligte wat boontoe skyn, skep mooi poele lig wat pilare, mure en waterfokuspunte sal beklemtoon. Oorweeg dekligte of ligte wat jy in die grond steek; dis maklik om te posisioneer.
  • Gesonke LUD-ligte is onopvallend en jy kan ’n verdofskakelaar gebruik om die atmosfeer te verander soos jy dit verkies.
  • Inprop-ligte werk ook goed buite: duursame stringligte werk die beste wanneer dit om bome en pilare gedraai word, feetjieligte is perfek oorhoofs vir ’n gespikkelde sterlig-voorkoms en dekoratiewe tafelligte is nog ’n opsie, mits dit bedek is.
  • Ligte wat jy in die grond steek met LUDgloeilampe verskaf ’n “laag” sagte lig en ’n dekoratiewe element aan tuine, blombeddings en paadjies. Jy kan ook die ligte professioneel laat installeer en aan ’n tydmeter laat koppel vir gemak.
  • Herlaaibare of mobiele verligting, soos ’n sonkrag-lantern, is die finale oplossing – en gelukkig is ons nie meer beperk tot funksionele maar onooglike opsies nie.

Al bogenoemde is energie- en kostedoeltreffend. Onthou om altyd ’n gekwalifiseerde elektrisiën te gebruik.