Grysgebied

Nicci Manson van Plettenbergbaai skryf: Ek het onlangs ingetrek by ’n klein huis wat ek graag grys wil verf, maar daar is so baie verskillende opsies! Is Plascon Offshore ’n warm grys, of is daar ander gryse wat julle dink beter sou werk?

Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac Paint Techniques antwoord: Plascon se Offshore het ’n koeler ondertoon, wat jou ruimte dalk ’n bietjie te koud sal laat voel. Ek stel voor jy kyk na Plascon French Chartreuse en Evasive White. Die Dulux Dusted Moss-reeks (Dusted Moss 1, 2, 3 en 4) is ook goeie opsies.

Lekker verf!

KONTAK lemonlilac@maxitec.co.za

Plascon Evasive White

Dulux Dusted Moss 1 & 2