Susie Frank van Port Elizabeth skryf Ek wil graag ’n paar aksentmure in my huis skep. Ek oorweeg plakpapier omdat ek patrone en tekstuur wil hê en nie die tyd (of vernuf!) het om dit met verf te doen nie. Hoe kies ek die regte kleur en ontwerp wat die res van die vertrek sal komplementeer?

Cara Saven van Cara Saven Wall Design antwoord Plakpapier is soos kuns; jy moet dit net koop as jy mal is daaroor. Soek op Pinterest ’n dekorstyl soortgelyk aan jou eie en kyk hoe daardie huiseienaar plakpapier ingespan het. Jy kan iets subtiels en ’n kleur soortgelyk aan die bykomstighede in die vertrek kies, of skep ’n ware apploustrekker met oorgroot motiewe.

’n Plakpapier-verskaffer sal jou raad kan gee; neem foto’s saam as verwysing. Ons vra altyd ons klante om ’n paar idees aan te stuur sodat ons ’n beter idee van hul persoonlike smaak kan kry.

KONTAK carasaven.com