IsoBoard bied jou ’n isolasie-oplossing vir nuwe én bestaande geboue, en dis een wat jy maklik self kan installeer.

Nou kan jou huis enige temperatuurskommelings sonder moeite trotseer en kan jy jou leef- en werkruimte gemaklik hou vir die volle leeftyd van die gebou.

Dié omgewingsvriendelike termiese isolasie is geskik vir al die onderskeie dele van jou huis en is net so veelsydig as wat dit doeltreffend is. Dit hou jou huis se temperatuur konstant, wat beteken jy gebruik minder elektrisiteit vir verwarming of verkoeling.

Het jy geweet?

1 IsoBoard kan met waterbasisverf en houtbeits behandel word om by jou kleurskema te pas.

As jy ’n nuwe plafon oorweeg, kan jy die oue behou en IsoBoard direk daaronder installeer – ’n vinnige, permanente oplossing met die minste moeite of gemors!

3 Aanliggende borde knip met tong-engroefrande aan mekaar, wat installering vergemaklik en ’n ononderbroke hitteisolasielaag verseker.

4 Gebruik IsoBoard se versteekte knippe en kleefmiddel wanneer jy jou plafon installeer.

5 IsoBoard is beskikbaar in diktes van 25– 80mm en lengtes van tot 8m, wat aan al jou vereistes vir termiese isolasie sal voldoen.

Vir nog wenke, planne en inligting, besoek isoboard.com, “like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

LAAT HOOR VAN JOU

KAAPSTAD 021 983 1140, southsales@isoboard.com

DURBAN 031 569 1800, dbnsales@isoboard.com

PRETORIA 012 653 8204, northsales@isoboard.com