Vraag: Waar het Sonja en Francois Nolte die drie afdrukke in hul nuwe braai-en-eetkamer, wat op bladsy 62 van die Maart 2020-uitgawe was, gekry? – Lesley Mocke, Witbank

Antwoord: Die afdrukke weerskante van die braaikaggel was tweedehandse kopies van die Milnerton-mark; die een van die fiets is by Home Depot gekoop.

Vraag: Shelly Bergh sê sy het ’n rottangmat op die kasdeure vir haar selfdoenprojek op bladsy 67 van Tuis, Maart 2020, gebruik. Waar kry ’n mens so iets? – Annick de Freitas, Kaapstad

Antwoord: Sy het die geweefde rottang by Grindlay Fabrics gekoop.

Vraag: Waar kan ek die mat op bladsy 59 van jul Maart 2020-uitgawe koop? – Denise Miller, Centurion

Antwoord: Die huis se eienaar, Kay Price, het twee identiese matte by Weylandts gekoop en aanmekaargewerk.

Vraag: Watter verfkleure het die Raubenheimers in hul leefvertrek op bladsy 45 van jul Maart 2020-uitgawe gebruik? – Correen Reeves, Eshowe, KZN

Antwoord: Die Raubenheimers het verskillende verfkleure gemeng. Probeer dié kleure van Dulux (dulux.co.za): Edamame Green, Calming Grey of Darkened Puddle.

Vraag: Waar kan ek ’n mat soos die een op bladsy 34 van jul Julie 2018-uitgawe koop? – Suria Bonthuys, Kaapstad

Antwoord: Talle huiswarewinkels hou ’n groot verskeidenheid matte in klassieke ontwerpe aan. Kyk gerus by Haus, Superbalist of Morelli Rugs.

Vraag: Ek is mal oor die stoel op die stoep op bladsy 38 van jul Mei 2020-uitgawe. Waar kan ek iets soortgelyks koop? – Heleen Pretorius, Potchefstroom

Antwoord: Ons het al soortgelyke Acapulco-stoele by Leroy Merlin, Mad Chair Company, Esque en Elevenpast gesien.