Vraag: Ek is dol oor die lampskerms op bladsy 22 van die April 2018-uitgawe. Wie verskaf dit? – Ansie Ibbotson, Durbanville

Antwoord: Dis van K-Light (klight.co.za). Probeer Illumina (illumina.co.za) vir iets soortgelyks.

Vraag: Watter skakering is die blou klavier op bl. 77 van die April 2018-uitgawe? – Ronel van As, Wellington

Antwoord: Dis True Blue van Tjhoko Paint (tjhokopaint.co.za).

Vraag: Waar kan ek verstelbare aluminiumhortjies kry soos dié op bladsy 60 van die Julie 2017-uitgawe? – Rita Swart, Durbanville

Antwoord: Die hortjies is van Plantation Shutters (plantation.co.za).

Vraag: Ek wil graag weet waar ek die oulike bedliggie op bl. 31 van die Januarie 2018-uitgawe kan koop. – Henriëtte van der Walt, Bloemfontein

Antwoord: Die lampie is van African Affair (africanaffair.net) op Sedgefield. Probeer ook The Artisan (the-artisan.co.za) vir nog lampe in die industriële styl.