Daardie streepmat op bladsy 44 van die Mei 2017-uitgawe is vir my so mooi. Waar is dit gekoop? – Reneé de Klerk, Kaapstad

Antwoord: Die huiseienaar het dit by H&M Home (hm.com/za) gekry.

Waar kan ek oulike lap kry vir my stoepmeubels? – Jeanette van Onselen, George

Antwoord: Hertex (hertex.co.za) is beslis ’n goeie plek om te kyk. Patio Life (patio-life.co.za) het ook helder kleure en mooi streepmotiewe.

Ek is mal oor die protea-lap wat Marianne Hattingh op haar eetkamerstoele op bladsy 29 van jul Oktober 2017-uitgawe gebruik het. Waar kom dit vandaan? – Liesel Laubscher, Vereeniging

Antwoord: Die lap is van Design Team (designteamfabrics.co.za).

Waar kan ek afdrukke soos dié op bladsy 25 van April 2018 se Tuis kry? – Ann Abrahams via Facebook

Antwoord: Die huiseienaar het dit op superbalist.com gekoop.

Ek is op soek na teëls met ’n houtvoorkoms vir my kombuis-opknap. Kan julle help? – Jana van Rooyen, Pretoria

Antwoord: Jy sal dit by CTM (ctm.co.za), Womag (womag.co.za) of Tile Africa (tileafrica.co.za) kry in ’n verskeiden-heid ontwerpe, vorms en kleure.

Waar het die Koegelenbergs daardie swart en wit stoepteëls op bladsy 20 van jul Junie 2017- uitgawe gekry? – Cara Viljoen, Johannesburg

Antwoord: Dis van Tiletopia (tiletopia.co.za); vir iets soortgelyks, probeer ook Tiles 4 All (tiles4all.co.za).

Kies die regte skakering

Fiona Brink vra op Facebook Watter neutrale verfkleure werk goed as donkerder aksente saam met Plascon se Ivory Parchment? Ek wil dit graag in sonnige vertrekke wat noord front én donkerder vertrekke aan die suidekant gebruik.

Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac Paint Techniques antwoord Onthou dat ’n vertrek wat noord front ’n ander tipe lig het as die een aan die suidekant, en dit sal die muurkleur beïnvloed. Dis dalk belangriker om dié skakerings te kies wat alles in ’n bepaalde vertrek sal laat saamwerk – elemente soos meubels, gordyne en ligte sal almal jou keuse beïnvloed.

Hou die volgende faktore in gedagte wanneer jy muurkleure kies:

Aan die donkerder suidekant Kies kleure met ’n warm ondertoon om ’n knus atmosfeer te skep. Enige kleur met ’n grys of blou ondertoon sal nog gryser of blouer lyk in vertrekke wat minder natuurlike lig kry.

Aan die sonnige noordekant Hier kan jy gerus donkerder kleure kies, aangesien die natuurlike lig die kleure ligter sal maak.

Oorweeg die volgende Plascon-kleure:

  • Beach Wood is op dieselfde kleurkaart as Ivory Parchment; dis net effens donkerder.
  • Vir ’n tikkie drama en ’n warmer ondertoon, probeer Passage Way en London Haze.
  • As jy iets met ’n groener ondertoon soek, kyk na Maui Beach en Distant Storm.
  • Ivory Parchment is ’n warmer skakering, daarom stel ek voor jy vermy bloue en gryse met koeler ondertone.