Vraag: Die muurkleur op bladsy 52 en 53 van die Januarie 2017-uitgawe is vir my pragtig! Wat is dit? – Gwendolyn Phillips, Welkom

Antwoord: Dis City of Green van Plascon.

Vraag: Waar kan ek ’n bed soos die een op bladsy 29 van die April 2010-uitgawe kry? – Vanessa van der Watt, via Facebook

Antwoord: Die huiseienaar het die bed spesiaal laat maak; jou beste raad is om die foto na ’n skrynwerker te neem en te vra vir iets soortgelyks.

Vraag: Waar kan ek daardie oulike kunswerk teen die muur op bladsy 39 van die Oktober 2017 uitgawe kry? – Yvette Loots, Pretoria

Antwoord: Die kunswerk is deur David Kuijers (davidkuijers.com). Koop sy werk aanlyn by capegallery.co.za, houtbaygallery.co.za of infinart.co.za; al drie versend wêreldwyd.

Vraag: Ek is op soek na ’n kantoorstoel met ’n bietjie retro-flair; het julle enige voorstelle? – Yvonne Myburgh, Swellendam

Antwoord: Probeer Chair Crazy (chaircrazy.co.za) of MRP Home (mrphome.com) vir iets buitengewoons; anders kan jy uitkyk vir ’n vintage-stoel by ’n tweedehandswinkel en dit dan self opkikker! Die aanlynwinkel Huisraad Quirky Finds and Collectibles (huisraad.co.za) spesialiseer in meubels uit die middel van die vorige eeu teen billike pryse.