Vraag: Waar kry Pippa Pennington daardie pragtige dakwaaiers op bladsy 46 van die Maart 2018-uitgawe? – Kathie Roberts, Kaapstad

Antwoord: Sy het dit by haar plaaslike Build It (buildit.co.za) gekoop.

Vraag: Ek is mal oor die stoeloortreksels op bl. 19 van April 2017 se Tuis. Waar kan ek dit koop? – Estelle Gerber, Kuilsrivier

Antwoord: Dis pasgemaak deur Kommaweer Stoffeerders op George (kommaweer.co.za). Coricraft (coricraft.co.za) hou soortgelyke stoele met los oortreksels aan.

Vraag: Ek wil graag uitvind van waar is die blou mat op bl. 50 van die April 2018-uitgawe? – Anneli van Jaarsveld, Wellington Antwoord: Dis van Hertex (hertex.co.za). MRP Home (mrphome.com) het soortgelykes.

Vraag: Ek wil my leefareas ’n nuwe voorkoms gee vir die winter; waar kan ek stylvolle matte koop? – Isabelle de Kock, Kaapstad

Antwoord: Die meeste huiswarewinkels verkoop matte. MRP Home (mrphome.com), Airloom (airloom.co.za), Flooring Depot (flooringdepot.co.za), Coirtex (coirtex.co.za), Hertex (hertex.co.za) en @home (home.co.za) bied almal verskeie groottes en ontwerpe wat by jou dekor sal pas

Stuur jou vrae na kenners@tuis.co.za.