Vraag: Waar kan ek die beeldjie op bladsy 60 van die Mei 2018-uitgawe koop? – Ansie Engelbrecht, Kimberley

Antwoord: Die huiseienaar het dit gekoop by ’n winkel wat intussen gesluit het, maar jy kan dit direk by boutique.tintin.com of wantitall.co.za bestel.

Vraag: Waar kry ek ’n lap-wasgoedmandjie soos die een op bl. 25 van die April-uitgawe? – Ann Abrahams via Facebook

Antwoord: Dis van Makro (makro.co.za). Game (game.co.za), MRP Home (mrphome.com) en superbalist.com het soortgelykes.

Vraag: Waar kry Arina Vermeulen die boompies bo die deur op bladsy 97 van die Maart 2018-uitgawe? – Riana Botha, Johannesburg

Antwoord: Sy’t dit by die geskenkwinkel Avoova (avoova.com) gekry.

Vraag: Watter soort materiaal is die tafelblad op bladsy 29 van die Mei 2018-uitgawe? – Ilse Osterthun, Kaapstad

Antwoord: Dis gepoleerde sement; die huiseienaar het die tafel by @home (home.co.za) gekoop