Vraag: Ek wil graag ’n smeulkaggel hê soos Pippa Pennington s’n op bladsy 49 van die Maart 2018-uitgawe; waar het sy dit gekoop? – Bettie van Rooyen, Stellenbosch

Antwoord: Dis ’n Dovre-kaggel van Home Fires (homefires.co.za).

Vraag: Wat is die verfkleur teen die muur op bladsy 41 van die September 2017-uitgawe? – Monique van den Berg, Kaapstad

Antwoord: Dis PowaFix Pure Acrylic Matt in die kleur Sky Grey.

Vraag: Ek hou baie van Craig Olckers se koper-lampe op bladsy 13 van die Mei 2018- uitgawe. Van waar is dit? – Marli Roux, Paarl

Antwoord: Hy het dit by Pezula Interiors (pezulainteriors.co.za) gekry.

Vraag: Waar kry ek ’n wasgoedmandjie soos die een op bladsy 62 van die Julie 2017-uitgawe? – Ilse van Staden, Johannesburg

Antwoord: Dis van @home (home.co.za). MRP Home (mrphome.com), Weylandts (weylandts.co.za) en H&M Home (hm.com/za) verkoop ook mandjies met natuurlike teksture.