Vraag: Watter kleur is die muur op bladsy 72 van die Augustus 2018-uitgawe? – Linda Lubbe, Gariepdam

Antwoord: Die huismense het hul kombuis geverf met Plascon Double Velvet in die kleur Artist’s Canvas.

Vraag: Waar kry ’n mens sierstukke soos dié op bladsy 81 van die Augustus 2018-uitgawe? – Marinda van Wyk, Johannesburg

Antwoord: Dié sierstroke is van Tjhoko Paint. Sien tjhokopaint.co.za om te bestel of vir ’n lys verskaffers in jou omgewing.

Vraag: Die hasie bo die deur op bladsy 30 van Februarie 2018 se Tuis is vir my so oulik. Waar kan ek een koop? – Erica Mouton, Johannesburg

Antwoord: Bestel vir jou een by die huiseienaar, Ramona, se onderneming; sien rufflesandrust.co.za.

Vraag: Watter soort epoksi is op die vloer op bladsy 38 van Augustus 2018 se Tuis gebruik? – Chris Bester, Kaapstad

Antwoord: Die vloer is bedek met naaswit Earthcote (’n produk van Paintsmiths). Besoek paintsmiths.co.za.