Vraag: Waar kan ek stoele soos dié op bladsy 60 van die April 2019-uitgawe koop? – Alana Niewoudt, Pretoria   

Antwoord: Dié stoele is van Block & Chisel, maar jy sal soortgelyke stoele by Cielo en SHF kan kry.

Vraag: Waar kom die mat op bladsy 25 van die Junie 2018-uitgawe vandaan? – Fiona Abbott, George   

Antwoord: Die mat is van MRP Home; kyk by Rugs & Such en Airloom vir iets soortgelyks.

Vraag: Waar kan ek ’n hanglamp soos die een op bladsy 56 van die September 2018-uitgawe kry? – Freda Coetzee, Garies 

Antwoord: Kyk uit vir sulke lampe by Eagle Lighting, Builders, The Lighting Warehouse of K.Light.

Vraag: Waar kry ek ’n mat soos die een op bladsy 63 van die Junie 2019-uitgawe? – Hannelie Schoonraad, Fochville 

Antwoord: Dié mat is van Arabesque. Oriental Carpet Gallery en Rugs Original verkoop ook mooi kelims. 

Vraag: Watter vloerbedekking het die huiseienaars op bladsy 56 van die Mei 2018-uitgawe gebruik? – Elsabe Coetzee, Ngodwana 

Antwoord: Die sementvloer is geverf met ’n tweeledige epoksi-stoepverf in wit, maar die huiseienaar kan nie die naam van die handelsmerk onthou nie. Oorweeg Showfloor Polyurethane Floor Paint van Duram en Epoxy Floor Paint van Alcolin vir ’n soortgelyke resultaat.

Vraag: Waar kan ek die lieflike mat op bladsy 66 van die Junie 2019-uitgawe koop? – Kelly McKay, Johannesburg 

Antwoord: Hierdie mat, gemaak van herwinde plastiek, kom van Jambo Imports. Superbalist en Takealot verkoop ook matte van herwinde materiaal.