Vraag: Watter verfkleur is in die badkamer op bladsy 48 van die November 2019-uitgawe gebruik? – Bronwyn Menne, Midstream

Antwoord: Die huiseienaar het Midas Earthcote Windswept in die kleur Ja Boetie Johan gebruik, maar hulle het wit verf bygemeng vir die heelwat sagter grys skakering.

Vraag: Waar kan ek ’n mat soos dié op bladsy 24 van September 2019 se Tuis koop? – Anneli van Jaarsveld, Wellington  

Antwoord: Die mat is van MRP Home; jy kan ook iets soortgelyks kry by Hertex en Sammy Sheppard.

Vraag: Waar kan ek die kataifi kry om die resep op bladsy 112 van die September 2019-uitgawe te maak? – Susan Hobson, Port Elizabeth

Antwoord: Ons het dit by die Vineyard Deli in Kenridge, Kaapstad, gekoop, maar Mediterranean Delicacies maak ook kataifi wat by die meeste supermarkte te kry is.

Vraag: Ek is gaande oor die kunswerk op bladsy 27 van die Augustus 2019-uitgawe; wie is die kunstenaar? – Andries Havenga, Somerset-Wes  

Antwoord: Dis die Britse kunstenaar W. Dobson. Baie van sy skilderye beeld die Kaap se berg­landskappe uit.

Vraag: Waar het die huiseienaars die blou-en-wit mat op bladsy 36 van die Oktober 2019-uitgawe gekry? – Lynette Jacobson, St Francisbaai

Antwoord: Die mat is van Builders; jy kan iets soortgelyks kry by Hertex.

Vraag: Wie het die swembad op bladsy 79 van die September 2019-uitgawe geïnstalleer? – Rietha Amos, Boksburg

Antwoord: Die eienaar het die dop en pomp gekoop by Pools for Africa en ’n plaaslike bouer het die lae mure gebou; die eienaar het die rande toe met dekplanke afgerond.