Vraag: Ek is mal oor die groen gestoffeerde rusbank op bladsy 56 van die Julie 2018-uitgawe; watter soort lap is gebruik en waar kan ek dit koop? – Elmari van der Merwe, Bellville   

Antwoord: Die huiseienaar het die bank al 20 jaar! Die lap kom uit een van Hertex (hertex.co.za) se fluweel-reekse. Dié soort rusbank is by die meeste huisware-winkels te koop; kyk gerus by Block & Chisel (blockandchisel.co.za).

Vraag: Waar kan ek foto’s op houtblokke laat druk soos gesien op bladsy 59 van die November 2019-uitgawe? – Ronel Bredell, Hermanus

Antwoord: Daar is heelwat firmas wat sulke dienste bied: Probeer Orms Print Room (ormsprintroom.co.za), Photoblox (photoblox.co.za) of Studio 22 (studio22.co.za).

Vraag: Ek is dol oor die koperpotte op bladsy 30 van die Augustus 2015-uitgawe; waar kan ek so iets koop? – Erna de Jager, Bethal

Antwoord: Dié potte is van Culinary Equipment Company (culinary.co.za), maar kyk ook by Yuppiechef (yuppiechef.com).

Vraag: Waar kan ek baksteen-teëls soos dié op bladsy 58 van Tuis Opknap 2019 kry? – Monita Swart, Pretoria

Antwoord: Dié teëls is by die meeste ysterwarewinkels en teëlwinkels te kry; kyk uit daarvoor by Builders (builders.co.za), Persian Tiles (persiantiles.co.za) en Leroy Merlin (leroymerlin.co.za).