Vraag: Watter verfkleur is op die kombuismure op bladsy 21 van die Januarie 2020-uitgawe gebruik? – Corinna Quinlivan, Kaapstad

Antwoord: Die Du Preezs het Coprox Waterproof Dualcoat in die kleur Oat gebruik en dit verseël met Coprox Wall & Floor Clear Sealer (coprox.com).

Vraag: Die byna lewensgroot kunswerk op bladsy 19 van die Maart 2020-uitgawe is so mooi! Waar kan ek iets soortgelyks kry of laat maak? – Amoré van der Merwe, Bloemfontein

Antwoord: Die kunswerk is deur die Stellenbosse kunstenaar Marié Stander (mariestander.co.za).