Vraag: Ek sien daar is ’n beskermende plaat onder die kaggel in die Sondagskloof-ekohuis op bladsy 46 van die September 2019-uitgawe. Wat is dit en waar kan ek so iets kry? – Mariaan Blattes, via Facebook

Antwoord: Dis ’n glas-vloerplaat van Premier Fires.

Vraag: Ek is dol oor die kleur van die kas op bladsy 54 van Oktober 2017 se uitgawe. Kan julle my help om ’n soortgelyke skakering op te spoor? – M.R. Prinsloo, Piet Retief

Antwoord: Probeer Dulux Dramatic Sea of Dulux Marine Blue (dulux.co.za).