Vraag: Ek is mal oor die mat in Antoinette Stockley se sitkamer op bladsy 35 van die Junie 2020-uitgawe; waar is dit gekoop? – Jeanne de Klerk, Upington
Antwoord: Die mat is vir haar uitgesoek deur Oak Corner Interiors.
Vraag: In watter kleur is die kas onder
die ronde venster op bladsy 20 van
Maart 2020 se uitgawe geverf?
– Ina Ehlers, Durbanville
Antwoord: Probeer ’n sagte grys soos Divine Diana van Duram of Lourain’s Cream van Tjhoko Paint.
Vraag: Hoe bly die meubels op die
stoep onder die latte-dak op
Maart 2020 se voorblad droog?
– Faith Bischof, Germiston
Antwoord: Die dak is bedek met gegolfde polikarbonaatdakplate wat jy by verskaffers soos Builders of BUCO kan koop.
Vraag: Waar kry Kelly
Croeser die pragtige
geblomde lap en
bypassende deken op
bladsy 11 van die Mei
2020-uitgawe? – Jane
Ellis via Facebook
Antwoord: Kelly het die lap teen ’n afgemerkte prys gekry by Global Fabrics, ’n lapwinkel in Vishoek. Sy was net dol op die motief en het dit gekoop sonder dat sy geweet het waar sy dit gaan gebruik.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET