Vraag: Waar het Dinki en Henry Windell die geometriese mat op bladsy 38 van jul Februarie 2020-uitgawe gekry? – Sharnè Grobler, Ermelo
Antwoord: Die mat is van Haus.
Vraag: Watter verfkleur is teen die fokusmuur op bladsy 8 van jul Mei 2020-uitgawe gebruik? – Bernedette Ferreira, Pretoria
Antwoord: Probeer Paint & Decor se Karoonag in ’n weelderige mat afwerking.
Vraag: Waar kan ek ’n groot muurspieël soos die een op bladsy 14 van Januarie 2020 se Tuis koop? – Lesley Mocke, Witbank
Antwoord: Ons het al soortgelyke groot, geraamde spieëls by Block & Chisel en @home gesien.
Vraag: Waar het Nico Alberts die ligte op sy stoep, wat op bladsy 68 van Tuis Werf 2020 was, gekry? – Ursula James, Noordoewer, Namibië
Antwoord: Hy het die glasornamente met die touwerk rondom so gekoop en dit laat omskep in ligte wat soos boeie lyk.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET