Vraag: Waar het Mariëtte en Pieter Bouwer die koperborde en -skinkborde teen hul stoepmuur op bladsy 13 van die Julie 2020- uitgawe gekry? En hoe is dit vasgesit? – Els Jacobs, Johannesburg
Antwoord: Hulle het die borde oor jare by antiekwinkels en vlooimarkte gekoop; ander het hulle geërf. Mariëtte plak metaalhake aan die agterkant van die borde en hang dit dan aan spykers in die muur
Vraag: Wie het daardie lieflike badkamerkas in die Frasco’s se huis op bladsy 72 van jul Mei 2020-uitgawe gemaak? – Liza du Plessis, Somerset-Wes