Vraag: Waar kan ek eetkamerstoele soos die twee op bladsy 17 van April 2020 se Tuis kry? – Johanna Masango, Pretoria

Antwoord: Hierdie Eames-geïnspireerde stoele met armleunings is ’n gewilde ontwerp. Soortgelyke style met hout- óf metaalpote is by talle huiswarewinkels te kry. Kyk by Esque, @home, Elevenpast, Chair Crazy of Mad Chair Company.

Vraag: Ek soek nou al jare na ’n klein smeulkaggel wat met hout werk vir ’n knap hoekie in ons huis. Waar het die huiseienaars die een op bladsy 63 van jul September 2020-uitgawe gekry? – Erica le Roux, Polokwane

Antwoord: Hierdie gietyster-smeulkaggel is die Witsand-model van The Fireplace Company.

Vraag: Watter verfkleure is op die grensmuur en rankstrukture in die tuin op bladsy 94 van Februarie 2020 se uitgawe gebruik? – Liesl Cousins, Kaapstad

Antwoord: Die muurkleur is ’n spesiale mengsel deur Paint Master met die naam Mystic. Die strukture is met Tjhoko Paint in die kleur Asgat geverf.

Vraag: Die twee hangstoele van rottang op bladsy 30 van jul November/Desember 2020-uitgawe is vir my so mooi. Waar het die eienaars dit gekry? – Nicolette Tavares, Johannesburg

Antwoord: Eight Degrees South verskaf hierdie stoele. Kyk uit vir soortgelyke ontwerpe by Knus en Esque.