Vraag: Ek is nou al hoe lank op soek na hout-proteas soos dié in die kombuis op bladsy 39 van jul Desember/Januarie 2021- uitgawe. Waar het die eienaars dit gekry? – Norma Book, Johannesburg

Antwoord: Die huismense het dit by ’n mark in Knysna gekoop. Ons het iets soortgelyks by Fudge Décor gesien.

Vraag: Waar kom die hanglampe op Rick en Jessica Roché se stoep (bladsy 42 van November/ Desember 2020 se Tuis) vandaan? – Johan van Eeden, Kuilsrivier

Antwoord: Hulle het dit by ’n straatverkoper in Mosambiek gekoop. Soortgelyke skerms in verskillende style is by heelparty verskaffers te kry, onder meer Knus, Elevenpast, Amatuli, Ashanti Design, Mr Price Home, Weylandts, Eight Degrees South, asook Malawi Cane.

Vraag: Waar kan ek hanglampe soos dié op bladsy 77 van julle April 2020-uitgawe koop? – Maxeem Veldman, Boksburg

Antwoord: Die huiseienaar het hierdie lampe by ’n antiekwinkel gekoop. Ons het al metaallampe in ’n soortgelyke styl by Eurolux en The Lighting Warehouse gesien.

Vraag: Daardie hout-sampioene op bladsy 10 van Tuis Werf 2020 is net te oulik! Waar het die huiseienaars dit gekry? – Suzette Nortje, Rustenburg

Antwoord: Hulle is te koop by Napier Antiek (028 423 3314).