Vraag: Waar kan ek ’n kapplank in ’n walvisvorm kry soos die een op bladsy 17 van jul Desember 2020/Januarie 2021-uitgawe? – Lizl Rautenbach, Durbanville
Antwoord: Die huiseienaar het hierdie plank jare gelede by Anthropologie in die VSA gekoop. Maar dis iets wat jy maklik self kan maak. Al wat jy nodig het, is ’n geskikte houtplank, walvispatroon en ’n figuursaag.
Vraag: Daardie kroegstoele op bladsy 79 van jul Mei/Junie 2021-uitgawe is te mooi vir woorde. Waar kan ek iets in hierdie styl kry? – Erika Oosthuysen, Kaapstad