Vraag: Waar het die huiseienaars die tafel en stoele op bladsy 21 van die Junie 2018- uitgawe gekry? – Leandi Schalekamp, Pretoria

Antwoord: Die tafel is van @home (home.co.za) en die stoele van Red Apple (redapple.za.com).

Vraag: Ek is mal oor die tafel en stoele op bladsy 23 van die Augustus 2018-uitgawe; waar kan ek dit kry? – Jene Strydom, Kaapstad

Antwoord: Die tafel is van Solid Goods (082 804 0111); Arno, die huiseienaar, het wel sy eie stempel daarop afgedruk. Die stoele is van Fab Interiors (083 275 4491).

Vraag: Watter afwerking is op die mure en vloer op bladsy 48 van die November 2015-uitgawe gebruik? – Leana Vlok, Pretoria

Antwoord: Die afwerking teen die muur is CreteStone (gyproc.co.za), terwyl die vloere afgevlak is met ’n mengsel van wit swembadsement en gholfbaan-sand.

Vraag: Ek soek al lank na ’n gordynreling soos die een op bladsy 68 van die Junie 2018- uitgawe; van waar is dit? – Vanessa Berry, Durban

Antwoord: Die reling word op bestelling gemaak deur Sara Interior (sarainterior.co.za).