Vraag: Waar kan ek die ottomans op bladsy 59 van die November 2017-uitgawe koop? – Duane Titus, Port Elizabeth

Antwoord: Dis van @home (home.co.za). Jy kan soortgelykes by ’n verskeidenheid winkels kry, soos MRP Home (mrphome.com), Weylandts (weylandts.co.za) en selfs Takealot (takealot.com).

Vraag: Ek sou graag ’n uittrek-spieël wou hê soos die een op bladsy 74 van die Maart 2018-uitgawe; waar kan ek dit koop? – Carla Grobler via Facebook

Antwoord: Jy kan so ’n spieël koop by Gelmar (gelmar.co.za), CTM (ctm.co.za) en Takealot (takealot.com).

Vraag: Ek is absoluut mal oor die kanttafel op bladsy 48 van die Oktober 2016-uitgawe. Waar kan ek dit kry? – Cynthia Macaulay, Durban

Antwoord: Die huiseienaar het dit by Montebello Design Centre (montebello.co.za) gekry.

Vraag: Van waar is die rooi blindings op bladsy 44 van die Augustus 2018-uitgawe? – Erin Smit, Johannesburg

Antwoord: Dié blindings is van Elliott Awnings (elliottawnings.co.za). Jy kan ook kyk by Coolaroo (coolaroo.co.za) of Blinds All Types (blindsalltypes.co.za).