Vraag: Waar kan ek die pragtige bord en plank op bladsy 114 van die Januarie 2019-uitgawe koop? – Heleen de Waal, Kaapstad

Antwoord: Die huiseienaar, Ramona Afonso, sê die bord is ’n vintage-stuk; die plank is van haar winkel, Ruffles and Rust (rufflesandrust.co.za).

Vraag: Ek wil graag vurke soos dié op bladsy 115 van die September 2018-uitgawe koop; waar kan ek dit kry? – Ingrid Bester, Johannesburg

Antwoord: Die messegoed is van Hertex Haus (0860 437 839, hertexhaus.co.za).

Vraag: Ek is mal oor die lamp op bladsy 49 van die Oktober 2018-uitgawe; van waar is dit? – Alice van Rooyen, Wellington

Antwoord: Die huiseienaar het dit by Klooftique (klooftique.com) gekoop.

Vraag: Waar kry die huiseienaars die mooi kroegstoele op bladsy 72 van die Desember 2018-uitgawe? – Mieke Esterhuizen, Kaapstad

Antwoord: Die stoeltjies is van @home (home.co.za).

Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord, maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer vir publikasie.