Vraag: Watter soort muurbedekking is op bladsy 33 van 2017 se Tuis Opknap? – Belinda Lubbe, Port Elizabeth

Antwoord: Die mure is geverf met ’n gelyke mengsel van sement en water.

Vraag: Ek is dol oor die vloerlamp langs die bed op bladsy 23 van die November 2017-uitgawe; waar kan ek so iets koop? – Cecilia Brink, Johannesburg 

Antwoord: Daardie lamp is van Weylandts (weylandts.co.za); jy kan soortgelykes kry by Builders en The Lighting Warehouse.

Vraag: Waar kan ek ’n draadtafeltjie soos die een op bladsy 72 van die April 2016-uitgawe koop? – Annelie van Schalkwyk, Kaapstad

Antwoord: Dié tafel was ’n Gumtree-vonds, maar jy kan so iets ook kry by @home, Wire World of Decofurn.

Vraag: Die hout-lampkap op die stoep op bladsy 71 van Tuis Opknap 2018 is lieflik; van waar is dit? – Erika Titus, Kaapstad

Antwoord: Dis van MRP Home. Block & Chisel, Esque en Pezula Interiors hou soortgelyke artikels aan.