Vraag: Ek hou so baie van die spieëls op bladsy 54 van Oktober 2019 se Tuis. Waar kan ek so iets koop? – Lisa de Swardt, Stellenbosch
Antwoord: Die huiseienaars het hierdie twee ’n paar jaar gelede by Mr Price Home gekoop. Kyk uit vir spieëls in hierdie kapsule-vorm by Iconomy en Leroy Merlin.
Vraag: Waar het Andrew en Carina Johnson die kroegstoele op bladsy 47 van jul April 2021-uitgawe gekoop? – Hannelie Swart, Bredasdorp