Jaco Barnard van Swellendam skryf My bouer is oortuig jy het geen ander keuse as teëls om die mure en vloer in ’n badkamer mee te beklee nie. Watter ander opsies het ek?

Brendon Fisher, tegniese konsultant by Coprox, antwoord Sementlae is ’n gewilde afwerking vir badkamermure en -vloere as jy nie teëls wil hê nie. Met Coprox Masonry Waterproofing en Coprox Waterproof Dualcoat is pleister, verf en teëls glad nie nodig nie – dit bied ’n besonderse, rustieke afwerking wat mooi verouder.

Die substraat word in een aanwending afgewerk en waterdig gemaak, en albei produkte is beskikbaar in 20 aantreklike kleure. Jy kan dit later verfris met gewone verf of ’n nuwe laag Coprox.

Terwyl Coprox Masonry Waterproofing met ’n kwas aangewend word, kan jy Coprox Waterproof Dualcoat óf met ’n kwas aanwend vir ’n elegante, tekstuurryke afwerking, óf met ’n troffel vir ’n gladde afvlaklaag – albei is geskik vir mure en vloere en dit kan oor kleiteëls aangewend word. Kyk gerus na die omvattende aanwysings, asook instruksie-video’s, op Coprox se webblad.

KONTAK coprox.com

NUUT OP FACEBOOK
Het jy ’n dringende vraag wat net nie kan wag nie? Sluit dan aan by ons TuislHome-Kennersgroep op Facebook sodat die span, kundiges en ander lesers kan help.