In Julie 2020 het ons ons derde Kitchen Heroes-kompetisie in samewerking met Milestone Kitchens aangebied, waartydens een leser ’n nuwe kombuis ter waarde van R50 000 kon wen. Die gelukkige wenners is Adri en Vincent Boulle van Memel in die Vrystaat. Hul gunsteling-item? Die mini-eiland op wiele.
Adri en Vincent se oudmodiese kombuis het gesmeek om vernuwing en hulle wou graag die uitleg in ’n moderne, oop plan verander. Die ou kaste was gedaan, maar die paartjie se begroting het hulle nie toegelaat om alles op een slag te vervang nie. “Ons wil graag ’n kombuis hê waar ons vriende en familie kan saamkuier terwyl ons kosmaak,” vertel Adri.
Jou droomkombuis hoef nie eensklaps te gebeur nie, sê Sabrina Miles, besturende direkteur van Milestone Kitchens. “Met losstaande kaste kan jy die ruimte stuk-stuk vernuwe namate jou begroting dit toelaat.