In die donker

Lucia Roberts van Vereeniging skryf: Ons het ’n binnehof wat ons graag meer dikwels saans wil gebruik, maar daar is nie ligte in die ruimte nie. Ons het daarom geen ander keuse as om elke keer kerse of lampe uit te dra as ons daar kuier nie. Ons sou so graag iets meer permanents wil hê. Die ruimte is blootgestel aan die elemente en enige ligtoebehore moet dus bestand wees teen die reën, son en wind. Het julle enige goeie idees vir ons?

Eben Kruger, bemarkingsbestuurder by Eurolux, antwoord: Buiteruimtes vereis praktiese beligting. Wat jy nodig het, is ligte wat die elemente kan trotseer. Skotligte (sien voorbeelde regs) is jou beste opsie omdat dit meestal van aluminium gemaak is en stof, water en sonlig dit nie kan beskadig nie. Dié ligte is nie net prakties nie, dis ook te kry in verskeie ontwerpe wat mooi by enige huis se buite-ontwerp sal inskakel.

KONTAK eurolux.co.za

1. Skotlig met rooster: vormgegote aluminium, glaslens (270 mm H x 180 mm B x 130 mm D)

2. Klein ovaal skotlig met ooglid: vormgegote aluminium, matglaslens (105 mm H x 210 mm B x 95 mm D)

3. Groot skotlig met kruis: vormgegote aluminium, matglaslens (325 mm H x 325 mm B x 170 mm D)

4. Fumagalli Danzi- ovaal skotlig met rooster: UV-gestabiliseerde skokbestande hars, opaal UV-gestabiliseerde akrielglaslens (338 mm H x 245 mm H x 90 mm D) Pryse op aanvraag.