Groen vingers

Christine Rabe van Pretoria skryf Ek wil graag ’n bietjie groenigheid by my slaapkamer inbring, maar ek is onseker oor watter plante sal aard. Help asseblief!

JJ van Rensburg van Garden World in Johannesburg antwoord Die volgende plante is almal geskik vir ’n slaapkamer:

  • Aechmia fasciata tree op as lugfilter vir mense wat aan asma of brongitis ly; dit kan tot 10 jaar in dieselfde pot bly.
  • Ficus benjamina, ’n klein, struikagtige boom, is ideaal as jy ’n tropiese gevoel in ’n groot slaapkamer wil skep.
  • Die geraamteplant (Monstera deliciosa) sal gedy in ’n donker slaapkamer en die groot groen blare sal ’n aanloklike, dramatiese fokuspunt skep.
  • Aglaonema ‘Silver Queen’ is nommerpas as jy gereeld ’n lugreëlaar in jou slaapkamer gebruik. Daar is min plante wat dit kan verduur, maar die Aglaonema kan die meeste toestande hanteer.
  • Streptocarpus, ’n inheemse staatmaker, is een van die min plante wat jou dwarsdeur die jaar met ’n oorvloed blomme sal beloon en nie baie aandag vra nie.

KONTAK gardenworld.co.za