Blou bekoring

Elizabeth Avenant van Pretoria skryf Kan julle my iets oor hierdie bordjie vertel? Het dit enige waarde?

Monique Kleynhans van Stephan Welz & Co. antwoord Jou bordjie is ’n Rosenthal-versamelstuk deur Bjørn Wiinblad, getiteld Aladin und die Wunderlampe XII. Dis die sewende item in die Rosenthal Studio Line-stel van 12 versamelbare borde wat die verhaal van Aladdin en sy towerlamp uitbeeld. Bjørn was ’n Deense skilder, ontwerper en kunstenaar wat met keramiek, silwer, brons en tekstiel gewerk het.

OUDERDOM Laat 19de eeu

WAARDE R300–R500 op ’n veiling

KONTAK stephanwelzandco.co.za, e-pos hougoed@tuis.co.za