Drankietyd!

Amanda van Wyk van Kaapstad skryf Ek het dié trollie op ’n veiling gekoop. Kan julle my iets daarvan vertel?

Sophie-Louise Fröhlich van Stephan Welz & Co. antwoord Dié ou koper-dranktrollie uit die middel van die vorige eeu is in talle groottes en vorms te kry; dit het egter nie veel waarde nie en word vandag nog gereproduseer.

OUDERDOM 1960’s WAARDE R800 – R1 200

Teetyd!

Yolande la Grange van Standerton skryf Ons het onlangs ’n huis gekoop en dié eetstel was deel van die inhoud. Dis nie volledig nie, en ’n paar van die bordjies is nie meer mooi nie. Daar is een opdienbord, van die blou koppies en pierings is daar 6 van elk en van die ander 4 van elk, met ’n suikerpotjie. Ek wil graag weet of die stelletjie iets werd is.

Sophie-Louise antwoord W H Grindley was ’n Engelse pottebakkersaak wat erde- en glasporselein-breekware soos die “Flow Blue”-porselein vervaardig het. Die onderneming is in 1880 gestig deur William Harry Grindley (geb. 1859) van Tunstall, Stoke-on-Trent. Ongelukkig het jou stel nie veel waarde nie; jy kan sowat R50 per item in elke stel verwag.

OUDERDOM Laat 19de eeu WAARDE ± R700 vir die stel

KONTAK ct@stephanwelzandco.co.za

E-pos hougoed@tuis.co.za