Soete klanke

Irma Delport van Pretoria skryf: My ma het hierdie klavier in 1945 tweedehands gekry (sy reken dit was toe al 25 jaar oud) en dit is nou myne. Alles is in ’n werkende toestand; dit moet net gestem word. Wat is die waarde min of meer?

Sophie-Louise Fröhlich van Stephan Welz & Co. antwoord: Regop klaviere is nie so waardevol soos vleuelklaviere nie. John Broadwood & Sons, die Engelse vervaardiger van jou instrument, is in 1728 gestig deur Burkat Shudi. Ná sy dood in 1773 het John Broadwood die besigheid oorgeneem.

OUDERDOM Laat 19de tot vroeë 20ste eeu
WAARDE Vanaf R2 000 op ’n veiling

KONTAK stephanwelz andco.co.za